Kalki

Kalki
Kalki (middel) op ’n perd.
Kalki (middel) op ’n perd.
God van die laaste yuga
Devanagari कल्कि
Affiliasie 10de avatar van Vishnu
Woonplek Sambhal
Wapen Ratna Maru (swaard)
Metgesel Padma
Rydier Perd

Kalki (Devanagari: कल्कि; letterlik "vernietiger van vullis") is die 10de avatar van die Hindoegod Vishnu in die huidige mahayuga (eon). Daar is voorspel hy sal aan die einde van die huidige yuga (epog), die Kali (Vierde) Yuga, verskyn. Volgens die Purana-geskrifte sal hy op ’n wit perd ry en sy ontblote swaard sal helder gloei. Hy is die aankondiger van die eindtyd in Hindoe-eskatologie, waarna hy weer ’n Satya (Eerste) Yuga sal inlei.

Die naam is moontlik afgelei van die Sanskrit woord kalā (कला), wat enige praktiese of beeldende kuns beteken. Dit kan ook ’n metafoor vir "ewigheid" of "tyd" wees, aangesien kalā ook ’n "deel" van enigiets kan beteken. Verder beteken die Sanskrit woord kalka (Devanagari: कल्क) "vullis", en daarom kan Kalki ook "vernietiger van vullis" beteken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search